Tot Sy eer.
Search

Brooddeeg roosterkoek

2-3 groot uie in stukkies gesny, olie, gekoopte mosterdous of blatjang, 1kg brooddeeg – koop sommer by die supermark, 1kg lekker wors – gaar en in stukke gesny. Braai die uie in olie tot lekker sag en goudbruin. Roer mostersous/blatjang na smaak by – hou eenkant. Knyp groot stukke dees af. Neem ‘n stukkie boerewors en plaas dit in die middel van die deeg. Vou die deeg dan oor die vulsel toe om ‘n groot roosterkoek te maak. Laat rys tot die roosterkoeke tot dubbelgrootte gerys het. Braai alkante hoog oor matige hittige tot gaar. Draai gereeld om. Sit voor met die mostert en uiesmoor.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos