Broodpizza.

Sny 1 lang franse brood in dwarste oop. Smeer met knoffelbotter. Plaas op plat oondpan. Maak 1 blikkie bullybeef fyn, rasper 1 klein ui by, rasper 1 hardgekookte eierby. Sny suur agurkies fyner en voeg ook by. Meng deur met 2 E of meer mayonaise, 1 E tamatiesous en 1 t aangemaakte mosterd. Skep op brood helftes en strooi mildelik met gerasperde kaas. Plaas onder oondrooster tot kaas gesmelt is. Sny in stukke en bedien.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos