Tot Sy eer.
Search

Broodpoeding

6 dik snye witbrood (verwyder korsies)

margarien

appelkooskonfyt

80 ml kaneelsuiker

250 ml pitlose rosyne

1 liter melk

4 eiers

200 g goue stroop (verhit tot loperig)

1. Smeer snye brood met bietjie margarien en konfyt. Sny die brood in vingers.

2. Plaas broodvingers, kaneelsuiker en rosyne in lae in ‘n gesmeerde vuurvaste bak.

3. Klits melk en eiers saam en giet bo-oor. Bak 45-55 min.lank of tot poeding gestol is, teen 180ÂșC.

4. Giet stroop bo-oor sodra die poeding uit die oond kom. Dien warm saam met vla op. Enige konfyt kan gebruik word.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos