Broodslaai

Braai 1 witbrood in blokkies gesny tot bruin in vlak olie. Dreineer op kombuispapier en hou eenkant. Sny 500g cheddarkaas in blokkies. Pak in lae in slaaibak. Hou paar blokkies kaas eenkant. Gooi volgende sous oor net voor bedien. Gooi in kastrol: 4 eiers, 1½ k suiker, 1 k asyn, ½  e mosterdpoeier. Klits deur vir klonte. Kook saggies op stoof. Roer aanhoudend tot dik. Koel af. Gooi oor brood en kaas. Strooi laaste kaas oor.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos