Tot Sy eer.
Search

Broodslaai

Braai een witbrood, in blokkies gesny, tot goudbruin in vlak olie. Braai bietjie vir bietjie en voeg nog olie by as nodig. Dreineer en hou eenkant. Sny 500 gr cheddarkaas in blokkies. Pak lae broodblokkies en kaasblokkies en voor opdien, voeg klein tamaties, gesnyde rooi uieringe, neute en gekapte pietersielie by. Gooi vlg sous oor, net voor jy die slaai op tafel sit. Sous: Gooi in kastrol:  4 eiers, 1 en halwe k suiker, 2 k asyn, halwe E mosterdpoeier, knippie sout. Klits deur vir klonte met draadklitser.  Roer aanhoudend tot dik op medium hitte. Koel af en gooi oor slaai. Meng deur met slaailepels.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos