Bros Hawermoutkoekies

Oond 190 gr C.   Alle bestandele bymekaar in ‘n mengbak: 85 gr sagte margarine, 175 ml suiker, 1 groot eier, 275 ml koekmeel, 5 ml bakpoeier, 5 ml fyn kaneel, 200 ml rou hawermout, 120 ml gekapte pekanneute en 1/4 t sout. Meng met lepel saam tot deeg.   Skep lepels vol deeg op gesmeerde bakplaat. Druk effe plat.Deeg sprei uit.  Bak vir 15 minute tot goudbruin. Laat afkoel op bakplaat en plaas op draadrakkie tot heeltemal koud en bros.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos