Tot Sy eer.
Search

Bros Hoender Flenters

BROS HOENDER FLENTERS

JOGHURT DOOPSOUS

1 suurlemoen se sap en gerasperde skil

¼ fyngekapte knoffelhuisie

200ml Griekse yoghurt

Sout en peper na smaak

HOENDER REPIES

400g Hoenderfillete (sonder vel) in repies gesny

120g Broodkrummels

1 tl Gerookte paprika

Sout en peper

Olyfolie

Meng al die bestanddele van die doopsous deurmekaar en voeg sout en peper na smaak by

Gooi die helte van die doopsous in ‘n bak en meng die hoender deur om te marineer vir 10min

Plaas die res van die doopsous in ‘n bakkie in die yskas

Verhit jou oond tot 190°C

Meng die broodkrummels, paprika sout en peper en gooi uit op ‘n groot bord

Rol nou die hoender repies in die krummels en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat met ‘n klein spasie tussen elke repie

Besprinkel met bietjie olyfolie

Bak 20 – 25 min tot bruin bros en gaar

Dien op saam met die orige doopsous. Njam!

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos