Bros Kraak Koekies

Oond 180 gr C. Klits saam: 125 gr sagte margarine, 190 ml suiker, 1 groot eier. Voeg by: 250 ml koekmeel, 1 en halwe t bakpoeier, 125 ml klapper, 125 ml post toasties, fyner gedruk, 125 ml gekapte okkerneute, 125 ml sultanas, 125 ml rou hawermout, kwart t sout. Meng met nat bestandele en rol balletjies, druk effe platter met vurk en bak 12 – 15 minute tot ligbruin en bros. Koel af op afkoelrakkie en bere in lugdigte houer

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos