Butternut Sop

Sny 2 groot, afgeskilde butternuts in stukkies. Braai 1 gekapte ui in bietjie olie tot sag.  Voeg butternut by en ook 1 blokkie hoenderaftreksel opgelos in 500 ml kookwater. Kook tot sag. Blits met hand-blitzer tot glad of in voedselverwerker. Gooi terug in kastrol en roer 1 k volroom melk by en roer 2 E gladde roomkaas by. Roer goed deur. Bedien met bierbroodjie en botter.Jy kan ook 1 gekapte aartappel en 1 gekapte wortel by vir meer voedingswaarde.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos