Chillie Con Carne

Braai 1 gekapte ui, 2 fyn knoffelhuisies en 1 greenpepper, gekap, in 3 E olyfolie, in medium kastrol.  Voeg 500 gr beesmaalvleis by en roerbraai 5 minute. Voeg 1 blik [400 gr] ingelegde tamaties, met sous en al, by en 1 koevertjie tamatiepasta, 1 rooi rissie, gekap en 5 ml droë kruie. Roer deur en kook tot lekker dik op medium-lae hitte vir 20-30 minute. [voeg bietjie water by as te dik] Geur goed met sout en peper en roer 2 blikke rooibone by. Kook goed deur tot lekker dik sous.  Bedien warm op rys of pasta.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos