Choc-Chip Hawermoutkoekies

Oond 180 gr C.    Alle bestandele in mengbak:  85 ml sagte margarine, 175 ml suiker, 1 groot eier, 275 ml koekmeel, 1 t bakpoeier, knippie sout, 5 ml fyn kaneel, 200 ml rou hawermout en 120 ml choc-chips. Maak aan met houtlepel. Deeg is klewerig.  Skep   t-lepels vol op gesmeerde bakplaat.  Laat spasie tussen-in vir deeg om te versprei.  Bak tot goudbruin.  Plaas op afkoelrakkie.  Heerlike bros koekies.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos