Tot Sy eer.
Search

Contessa Sjokoladekoek

Oond: 180 gr C.      Sif saam: 2 k koekmeel, 1 t bakpoeier, 1 t Koeksoda, 1/4 t sout en 2 E kakaopoeier [hoogvol].  Voeg 2 k suiker by.       Meng in groot beker: 1 k karringmelk, 1/2 k kookolie, 2 eiers en 1 k sterk, swart, koue koffie. Meng die 2 mengsels bymekaar tot glad. Skep in 2 gevoerde, gesmeerde koekpanne. Bak 30-35 minute tot gaar.   Versier met karamel kondensmelk of sjokolade versiersel.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos