Coq Au Vin

Sit 12 hoender boudjies en dye in ‘n plasieksak waarin jy 2 E koekmeel geskep het. Skud tot alle stukke bedek is met meel. Braai 2 hande vol geskilde baba uitjies in olie tot begin sag word. Braai 1 pakkie bacon, in stukkies, bros en skep uie en spek uit. Braai hoenderstukke mooi bruin.  Gooi 2 k rooiwyn in kastrol en krap alle stukkies los, laat wyn effe opkook. Plaas uie en spek terug in kasrol en voeg 3 gekneusde knoffelhuisies en wortel ringetjies by. Sprinkel halwe t tiemie, sout en peper na smaak. Kook saggies vir 1 uur en voeg dan 1 pakkie knopies sampioene by. Kook verder tot sag en sousies dik. Bedien met sagte wit rys

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos