Tot Sy eer.
Search

Dadel en Cherrie Vierkantjies

In kastrol op medium hitte:  Smelt 250 gr botter en 2 pakkies [250 gr elk] dadels, fyner gesny. Prut saggies vir 2 min.  Haal van stoof. Klits saam: 1 eier, 125 ml strooisuiker en knippie sout. Roer by dadelmengsel.  Roer halwe k cherries en 1 pakkie, fyner gebreekte, Mariekoekies by.  Skep in gesmeerde, gevoerde reghoekige bak. Druk mooi gelyk. Plaas vir 3 ure in yskas. Haal uit bak met behulp van bakpapier en sny in blokkies.  Rol in klapper. Bere in bak met deksel in yskas.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos