Dadel-Lemoen Koek

Oond 180 gr C.  Sny 1 lemoen, skil en al in kwarte, sny 1 pakkie dadels kleiner en maak fyn in voedsel verwerker. Los 1 t koeksoda op in kwart k melk en voeg by dadel en lemoenmengsel. Klits in mengbak; 1 k suiker, 1 k sagte margarine en 3 groot eiers. Roer 2 k koekmeel en half t sout by eiermengsel.  Roer dadelmengsel by. Skep in 2 uitgevoerde, gesmeerde koekpanne. Bak vir 30 minute tot gaar. Koel af en versier soos verkies.  Lemoen botterversiersel is heerlik.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos