Dadel / Lemoen Koek

Oond 180 gr C. Sny 1 lemoen, met skil en al, in kleiner stukkies en maal dit fyn saam met 1 pakkie dadels, ek gebruik sommer my voedselverwerker. Skep in glasbak en gooi 1 t koeksoda en kwart koppie melk oor, laat eenkant staan.  Klits in mengbak: 1 k suiker, 1 k sagte margarine, 3 groot eiers en 1 t lemoen geursel. Roer 2 k bruismeel en halwe t sout by. Roer dadelmengsel by en skep in 2 gevoerde, gesmeerde koekpanne. Bak vir 30 minute tot gaar. Koel heeltemal af en versier met gewone lemoen-botterversiersel.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos