Dadel-neut-spesery Broodjie

Sif saam; 750 ml bruismeel, 5 ml gemengde speserye en 1/4 t sout. Voeg 125 ml semels by en 250 ml suiker.  Smelt 125 ml margarine en voeg 125 ml gouestroop en 125 ml melk by.  Roer 1 pakkie dadels,125 gr, gekap, by  en ook 5 ml koeksoda.  Roer 1 geklopte eier by.  Roer 125 ml gekapte neute by. Roer nat bestandele by droê bestandele. Meng liggies met vurk.  Mengsel is redelik klonterig.  Skep in gevoerde, gesmeerde broodpan en bak vir 1 uur by 180 gr C.  Laat 5 minute staan en keer uit op draadrakkie.  Bedien met botter op snytjies van brood. 1 groot dadelbrood of 2 kleintjies.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos