Tot Sy eer.
Search

Dadel Neute Broodjie

Week 1 pakkie dadels, kleiner gesny, in 1 k kookwater en sprinkel 1 t koeksoda oor. Hou eenkant. Meng volgende in mengbak: 1 en driekwart k bruismeel, halwe t fyn kaneel, ‘n derde k sagte margarine, halwe k suiker, 2 eiers en kwart t sout. Klits goed deur en voeg geweekte dadels by, roer ook halwe k melk by. Voeg halwe k gekapte neute by en skep uit in gevoerde gesmeerde broodpannetjie,. Bak vir 40-50 minute by 180 grĀ  C.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos