Dadel-Piesang Neute Broodjie

Oond; 180 gr C. Sny 1 pakkie dadels fyner en plaas in glasbeker. Sprinkel 1 t koeksoda oor en roer 1/2 k kookwater by.   Meng alles saam in mengbak;  1 3/4 k bruismeel, 1 t kaneel, 1/4 t sout 1/3 k sagte margarine, 1/2 k suiker, 1/2 k melk en 2 t asyn. Druk 2 ryp piesangs fyn en roer saam met dadelmengsel by beslag in mengbak.  Roer 1/2 k gekapte neute by.  Skep in gevoerde, gesmeerde broodpannetjie. Bak 40-50 minute tot gaar.  As dit dubbel aangemaak word, lewer dit drie medium broodjies.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos