Dadel Poeding

Oond 180 gr C.  Gooi 300 ml gekapte dadels in mengbak en gooi 200 ml kookwater en 1 gelykvol t koeksoda by. Roer deur en laat eenkant staan vir 20 min. Roer saam: 50 ml gesmelte botter, 2 eiers, geklits, 1 t vanilla en 125 ml bruin suiker.Roer dit by die dadelmengsel. Voeg 50 gr gekapte neute by as jy so verkies. Sif 310 bruismeel en knippie sout by en vou liggies in dadelmengsel. Skep in gesmeerde oondbak en bak vir 40-45 minute tot gaar. Gooi vlg sous oor as uit oond kom. Sous: Kook saam: 125 ml bruinsuiker, 50 ml sagte botter, 100 ml water en knippie sout.  Bedien met room of roomys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos