Tot Sy eer.

Dadel Sjokolade Poeding.

Sny 1 pakkie [250 gr] dadels fyner en gooi 250 ml kookwater oor. Gooi 1 t koeksoda oor en roer deur. Smelt 100 gr kooksjokolade oor kookwater en hou eenkant. Klits saam in mengbak: 110 gr sagte botter, 150 ml  bruinsuiker en 3 eiers en 1 t vanillageursel saam. Sif saam: 400 ml bruismeel en 2 hoogvol E kakaopoeier en knippie sout saam. Roer Vou sjokolade in eiermengsel gevolg deur droë bestandele. Roer laaste die dadelmengsel by met 2 t asyn. Giet beslag in groot diep tertbak en bak vir 50 minute by 180 gr C.  Giet vlg sous bo-oor: Smelt saam: 100 gr kooksjokolade en 250 ml room.  Bedien met roomys of geklopte room.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos