Tot Sy eer.
Search

Dadel Yskas-koekies

In kastrol; 250 gr sagte margarine, 500 gr versiersuiker, 1 pakkie dadels, kleiner gesny,  2 E kakao-poeier en knippie sout. Roer oor medium hitte tot margarine gesmelt is. Kook saggies vir 2 minute. Roer 250 ml klapper by. Klits 2 eiers en 5 ml vanilla-geursel en roer by mengsel. Kook deur.  Verwyder van hitte. Breek een pakkie Marie-koekies in kleiner stukkies en roer by mengsel. Meng goed deur. Skep in gesmeerde vierkantige bak. Plaas in yskas vir paar ure en sny in blokkies.  Jy kan ook mengsel in bolletjies rol en dan in klapper rol. Plaas in yskas voor bedien.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos