Dadelkoekies

Oond 180 gr C.   In mengbak: 750 ml koekmeel, 3 t bakpoeier, 200 ml suiker, kwart t sout en 1 t gemengde speserye. Vryf 250 gr sagte margarine in. Kap 1 pakkie dadels in stukkies en voeg by meelmengsel.  Klits saam: 2 eiers, 1 t vanilla geursel en 60 ml melk. Voeg by droë bestandele en meng tot deeg. Rol balletjies en plaas op gesmeede bakplaat. Druk effe platter en bak vir 15-20 minute tot gaar en strooi kleurig. Koel af op draadrakkie en verpak in lugdigte houer.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos