Dadelpoeding met Toffiesous

Oond 180 gr C.   Poeding;  Snipper 200 g dadels en gooi in glasbak, voeg 300 ml kookwater by en 5 ml koeksoda. Roer deur en laat eenkant. Klits saam; 80 gr sagte botter, 200 ml suiker en 2 groot eiers. Sif 250 ml koekmeel, 1 en halwe t bakpoeier en kwart t sout. Roer by eiermengsel en voeg ook dadels by. Roer goed deur en skep in diep oondbak. Bak vir 30-40 minute tot gaar.   Maak sous: Gooi in kastrol: 125 ml vars room, 100 gr botter, 125 ml bruinsuiker en knippie sout. Roer tot botter gesmelt is. Kook saggies saam vir 10 minute. Bedien met poeding en skeppie roomys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos