Delikate Koffie Koekies

Oond 180 gr C.  Klits saam: 250 gr sagte botter en 180 ml versiersuiker tot romerig.  Voeg by: 2 t koffiepoeier, opgelos in 1 E kookwater. Klits deur. Voeg 2 k bruismeel en knippie sout by. Roer deur. Dis ‘n baie sagte deeg. Skep deeg in spuitsak met sterpunt.  Spuit deeg-sterre op gevoerde, gesmeerde bakplaat. Bak 10-12 minute tot ligbruin.  Haal versigig uit pan met eierspaan. Koel af op draadrakkies.  Jy kan vulsel van gesmelte sjokolade tussen twee koekies as jy wil.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos