Donker vrugtekoek

Kook saam in kastrol: 2 kg vrugtekoekmengsel, 1 pakkie dadels, gesnipper, 1 k suiker, 3 k water, 250 gr botter, kook deur en koel dan effe af. Roer 2 t koeksoda by, oppas dit bruis. Voeg by: 2 geklitste eiers, 250 gr rooi, groen cherries, maketaan stukkies en groenvye stukkies. Sif saam: 4 k meelblom, 2 t bakpoeier, 1 t fyn gemmer en 1 t gemengde speserye [mixed spice]. Stel oond op 180 gr C.  Voeg droë bestandele by bestandele in kastrol en roer goed deur. Skep in koekpanne, uitgevoer met dubbele laag bakpapier wat gesmeer is. Bak vir 1 uur tot gaar.Keer uit op draadrakkie en gooi dadelik bietjie brandewyn oor. Laat afkoel en draai koek om en gooi nog brandewyn oor. Draai toe in foelie en bêre in lugdigte blik. Gooi af en toe brandewyn oor. Ook soetwyn as jy wil.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos