Tot Sy eer.
Search

Droë Vrugteslaai

Kook 1 pakkie, 250 gr droë vrugte sag, nie pap nie, met bietjie suiker en water. Gooi stroop af en sny 3 ryp piesangs by.  Klits saam vir sous: 1 blik kondensmelk, kwart k olie, halwe k asyn, 2 t droë mosterdpoeier en knippie sout, 2-4 E mayonaise, na smaak van hoe suur jy dit wil hê. Skep sous oor vrugte. Skep in mooi slaaibak en plaas in yskas voor gebruik.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos