Eenbak Koek

Oond 180 gr C.     Voer oondpan met bakpapier en smeer goed.   Alle bestandele in mengbak: 410 ml suiker, 375 gr sagte margarine, 7 groot eiers, 3 k bruismeel, 4 t bakpoeier, 1/2 t sout, 2 t vanillageursel en 60 ml melk. Klits deur.  Gooi helfte van deeg in oondpan. Voeg 2 E gesifte kakao by orige deeg en vou in. Skep lepels-vol oral op deeg in pan.  Skud pan tot deeg gelyk is.  Bak 30-40 minute tot gaar.  Versier soos verkies.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos