Eenbak Maalvleis en Pasta-Gereg

Oond 180 gr C. Smeer ‘n oondbak met margarine. Braai 1 gekapte ui en 1/2 gekapte greenpepper in bietjie olie. Voeg 750 ml maalvleis by en braai tot gaar. Sprinkel sout en peper na smaak by. Skep onder-in bak.  Smeer blatjang. van jou keuse, liggies bo-oor.  Sprinkel 2-3 k rou pasta-skulpies bo-oor.  Sprinkel 1 pakkie sampioensoppoeier bo-oor.  Volg met 1 blikkie roomsampioene en 3 k warm water.   Bak vir 1 uur. Haal uit oond en sprinkel gerasperde Cheddarkaas en Motzorella kaas bo-oor.   Bak verder vir 20 minute.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos