Tot Sy eer.
Search

Eierlose Sjokoladekoek

Oond 180 gr C.   Sif saam in mengbak: 3 k bruismeel, kwart t sout, 1en half t koeksoda en halwe k kakaopoeier, voeg 2 k suiker by. Maak holte in meelmengsel en voeg vlg in; 1 k sonneblom olie, 2 k koue water, 2 t vanilla geursel en 2 t asyn. Klits deur en verdeel in 2 gesmeerde, gevoerde ronde koekpanne en bak vir 30-40 min. Laat effe afkoel in panne, keer uit op afkoel rakkie, koel heeltemal af en versier met Karamel kondensmelk.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos