Eksotiese Wortelkoek

Oond 180 gr C.     Klits saam: 4 eiers, 500 ml suiker, 375 ml olie en 1 t lemoen essens.  Sif saam: 500 ml bruismeel, 5 ml fyn kaneel, 5 ml koeksoda, 1/2 t sout, 5 ml gemengde speserye.   Roer by eiermengsel.  Roer dan 500 ml grof gerasperde wortels by en 200 ml klapper, ook 2 fyngedrukte piesangs en 125 ml fyn pynappel. Roer ook 100 gr gekapte okkerneute by.  Meng goed deur en skep in 2 gevoerde gesmeerde koekpanne.   Bak 45 minute tot gaar. Keer uit en laat afkoel.     Versiersel;  Klits saam: 65 ml sagte margarine, 400 ml versiersuiker, knippie sout, 1/2 t elk lemoen en suurlemoen essens. Roer 2 E gladde roomkaas by. As te slap,klits nog versiersuiker by.    Smeer tussen twee koeklae en ook bo-oor.   Versier met okkerneute.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos