Tot Sy eer.
Search

Familie Herderspastei

Braai 3 medium uie, gekap, tot sag en voeg by- 3 knoffelhuisies, gekap, en dan 1 kg maalvleis. Roerbraai tot vleis krummelrig en los is. Roer 2 E meel by, 2 k wortelblokkies. halwe k gekapte seldery, 2 blikke tamaties, gekap, sous en al, en 1 k hoender aftreksel. Kook vir 1 minuut en draai plaat af tot laagste en kook vir 1 uur. Roer af en toe. Voeg dan 2 k gemengde, gevriesde groente by. Kook deur en skep in diep oondbak. Bedek met kapokaartappels en stip met klein klontjies botter. Bak vir 30-40 minute by 180 gr C.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos