Tot Sy eer.
Search

Familie Herderspastei.

Kap 3 uie en braai saam met 3 gekapte knofelhuisies in olie. Voeg dan 1 kg maalvleis by en roerbraai tot vleis ligpienk en los is. Roer 2 E koekmeel by en dan 1 k vleisaftreksel 2 k gerasperde wortel en 4 gekapte tamaties, 1 t sout, 1 t suiker en 1 E blatjang. Kook saggies vir 30 minute maar roer af en toe. Roer 2 k gemengde, gevriesde groente by en skep in diep oondbak. Maak Kapokaartappels van 5 groot aartappels. Kook tot sag en druk fyn met 1 E botter, halwe k melk, halwe t sout en halwe t bakpoeier, Klop goed deur en skep oor vleis. Stip met paar klontjies botter en bak vir 30-40 minute by 180 gr C.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos