Feestyd Noodleslaai

Kook en dreineer 1 pak skulpie, skroefie of gewone macoroni noodles. Braai 4 groot gekapte uie en 1 groot greenpepper, in blokkies gekap. Voeg by. 4 ontvelde, gekapte tamaties, 300 ml suiker, 100 ml olie, halwe k asyn en 1 t sout. Kook vir 10 minute, haal van stoof af en en koel af. Roer noodles by. Roer 4 E mayonaise by en skep in skoon, gesteriliseerde bottels. Draai toe en bêre in yskas. Hou 2 maande goed in yskas. Voor bedien, kan jy gesnipperde, ingelegde perskes of stukkies pynappel byvoeg. Voeg meer suiker en asyn by as dit te suur of te soet proe.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos