Franse Herderspastei

Oond 200 gr C.  Rasper 2 groot tamaties, 2 medium wortels, 1 med ui. Voeg by 750 ml rou maalvleis. Roer ook by: 1 k gevriesde ertjies en mielies, 1 dik sny witbrood, in water geweek, 1 t kerriepoeier, 1 t sout, 2 E worcestersous, 1 E asyn, 2 E chutney en 1 E Bisto-souspoeier. Roer liggies deur en skep in diep bakskottel. Plaas in oond.  Kook 6-8 aartappels, geskil en stukkies gesny, tot sag. Maak kapok-aartappels met bietjie melk, klont botter, sout en halwe t bakpoeier.  Haal vleis uit oond en roer grof-weg met vurk deur. Skep kapokaartappels bo-op. Stip met klontjies botter en bak in oond tot bruin.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos