Franse Herderspastei

Braai 1 groot, gekapte ui in bietjie olie. Voeg 500 gr maer maalvleis by en roer vlg by: halwe t medium kerriepoeier, 1 t fyn koljander, 1 E worcestersous, 2 E chutney en 1 E asyn. roer goed deur. Druk pitte van 2 tamaties uit en sny in stukkies by en voeg ook 1 bief blokkie by. Voeg ook 2 k gemengde groente by. Voeg sout na smaak by. Laat kook vir 15 minute. Moenie water byvoeg nie, roer kort kort deur en kyk vir aanbrand. Sprinkel 2 E koekmeel bo-oor en roer deur, laat kook tot dik. Skep in diep oondbak en plaas vir 2 ure in yskas.   Skil 6 groot aartappels en sny in stukke. Kook tot sag en dreineer. Druk fyn en voeg 1 E botter, halwe k melk en halwe t bakpoeier by, ook sout na smaak. Meng goed deur Skep lepelsvol op vleis en maak grofweg gelyk met vurk. Bak in oond, 180 gr C vir 30 minute. Skakel oond af en draai oondrooster aan, stip bo-laag met klontjies botter en bak verder tot goudbruin.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos