Frikkadelle in Appelsous

Braai 1 gekapte ui en 1 gekapte selderystingel saam in bietjie olie.  Meng volgende bestandele saam in bak; 600 gr maalvleis, 1 klein gerasperde wortel, 185 ml fyn broodkrummels, 1 eier en sout en peper na smaak.  Meng saam met ui en seldery en vorm frikkadelle. Plaas in oondbak en bak vir 30 minute by 180 gr C tot gaar.  Maak appelsous:  Verhit 375 ml appelsap, 5 ml worcestersous, 90 ml bruinsuiker, 30 ml balsemiek asyn tot kookpunt.  Meng 3 E maizena met bietjie koue water en roer by appelsap tot dik. Plaas frikkadelle in sous en kook deur.  Bedien met rys of kapokaartappels of pasta.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos