Tot Sy eer.
Search

Frikkadelle in Pynappelsous

unnamedMaak frikkadelle van vlg bestandele: Kap1 groot ui en braai in bietjie olie, voeg by; 2 t kerriepoeier, sout en peper, kwart t gemmerpoeier en 2 E tamatiesous,dan 700 gr rou maalvleis. Meng liggies deur en maak bolltetjies.

Rol in meel en braai bruin in olie. Skep uit en hou eenkant.   Maak die pynappelsous. Braai 1 groot ui, gekap, in bietjie olie, voeg by: 1 knoffelhuisie, gekap, halwe t gemmerpoeier, 2 r kerriepoeier, 2 E botter, halwe t borriepoeier, 1 k water en 1 blik pynappelstukke met sous en al, kan ook blikkei fyn pynappel gebrui. Strooi 2 t suiker oor en bring tot kookpunt, prut 2 minute.Pak frikkadelle in sous, plaas deksel op en prut vir 15 minute. Bedien met wit rys.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos