Frikkadelle in tamatiesous

Oond 200 gr C,       Meng 500 gr maalvleis met 1 gekapte ui, 1 E tamatiesous, 3 t worcestersous, 1 eier, 1/2 k broodkrummels of rou oats en speserye na keuse.  Maak gholfbal-grootte bolletjies en pak in oonvaste bak. Gooi 1 E kookolie oor. Bak vir 20 minute en gooi vlg sous oor.    Sous: Braai 1 gekapte ui en 1/2 t fyn knoffel in bietjie olie. Roer 2 blikke fyn tamatie by.. Kook deur en gooi bo-oor frikkadelle. Bak verder vir 20 minute. Bedien op gekookte pasta van jou keuse.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos