Frikkadelle in Uie-sous

Maak frikkadelle.   Meng saam: 800 gr maelvleis, 1 gekapte ui, 2 t droê pietersielie, 3 eiers, 2 t mosterdpoeier, 1 k broodkrummels, 1 gekapte greenpepper, 4 gekapte agurkies, braaivleis-spesserye na smaak.   Meng liggies saam. Laat staan vir 10 minute. Vorm frikkadelle en bak goudbruin in bietjie olie.  Skep uit. Braai 3 gekapte ui in dieselfde kastrol. Voeg 2 t gekapte knoffel by.   Roer 1 k biefaftreksel by.   Kook deur.  Maak effe dikker met bietjie Bisto poeier.  Plaas frikkadelle in uie-sous en kook deur.   Bedien op kapok-aartappels.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos