Fruit Shorties

Klits saam: 250 gr sagte margarine, 170 ml strooisuiker en 5 ml vanillageursel. Sif 650 ml koekmeel, 2 t bakpoeier en 1/4 t sout. Roer by margarine-mengsel. Voeg 200 ml korente en paar gekapte rooi cherries by.  Maak aan tot sagte hanteerbare deeg. Deel deeg in twee dele. Rol elke stuk in ‘n wors.  Draai toe in kleefplastiek en plaas 30-50- minute in vrieskas.  Oond 180 gr C.  Haal deegrol uit en sny met skerp broodmes ronde sirkels af en plaas op gevoerde, gesmeerde koekiepan.. Bak vir 20-30 minute tot strooikleur. Koel af. Pak in lugdigte bak.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos