Fudge Poeding

Oond 180 gr C.   Klits saam: 60 ml sagte botter, 250 ml bruin suiker, 2 t vanilla of karamel geursel en 4 groot eiers. Roer 1 k bruismeel en ‘n kwart t sout by. Breek fudge of karamel toffies in stukkies en roer by. Skep in diep oond bak en bak vir 25 minute. Gooi vlg sous bo-oor sodra poeding uit oond kom: Smelt saam: 250 ml room en 1 pakkie karamel toffies. Bedien met room of roomys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos