Fudge tert

Bak ‘n ongebakte tertkors vir 8 minute. Oond 180 gr C.  Smelt 1 k choc chips saam met halwe k botter, knippie sout. Haal van plaat. Voeg by: 1 E kakao poeier, 1 k suiker en 3 geklitste eiers. Roer deur en roer driekwart k Ideal melk en 1 t vanilla geursel by. Meng goed deur en gooi in tertkors. Bak verder vir 30 minute. Bedien met geklopte room.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos