Tot Sy eer.
Search

Gebakte Aartappels met Jogurt

Oond 180 gr C.  Meng vlg bestandele en skep in gesmeerde oondbak.  6 aartappels, halfgaar gekook en in skywe/blokkies gesny, halwe k mozzarella-kaas-blokkies, halwe pakkie spek in stukkies geknip, 1 klein ui in dun ringe gesny, sout, aromat en peper na smaak.    Jogurtsous; 175 ml plein jogurt, 160 ml volroommelk, 3 eiers, 1 E vars gekapte pietersielie, sout.   Klits goed deur en gooi oor aartappels. Bak 30-40 minute.   Jy kan ook gerasperde cheddarkaas oorsprinkel voor in oond gaan.  Verdubbel bestandele vir groter gesin.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos