Gebakte aartappels.

Kook ‘n paar medium, jong aartappels met skil en al tot amper sag. Voel maar met skerp messie. Dreineer en sny in kwarte. Braai in diep canola of sonneblom olie tot goudbruin. Skep uit met gaatjies lepel en dreineer op kombuispapier. Sprinkel met lekker speserye van jou keuse. Bedien met vis of frikkadelle en slaai.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos