Gebakte Aartappelslaai

Skil 6 aartappels en sny in blokkies. Kook in sout water tot net gaar. Dreineer en skep in bak. Maak witsous van 1 en halwe k melk, 2 E koekmeel, 2 E margarine en knippie sout. Roer kwart k mayonaise en 1 E aangemaakte mosterd by witsous. Meng by aartappels. Voeg ham blokkies of gebraaide bacon stukkies by. Skep in oondbak en sprinkel gerasperde kaas bo-oor. Bak vir 40-40 minute by 180 gr C.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos