Tot Sy eer.
Search

Gebakte Alaska

Plaas een ronde, gebakte sponskoek op ‘n oondvaste bord. Bedek met ingelegde vrugte van jou keuse. Maak 1 l roomys effe sag en skep bo-op vrugte. Vorm ‘n koepel. Bedek heeltemal met tinfoelie en plaas oornag in vrieskas. Haal uit vrieskas 10 minute voor opdien. Haal foelie af. Oond op 220 gr C. Klits 4-6 eierwitte styf en voeg knippie sout en driekwart k strooisuiker geleidelik by tot gladde blink meringue. Smeer bo-oor roomys, bedek heeltemal die roomys met meringue. Plaas roomyskoek vir 3-4 minute in oond. pasop vir brand, net goudbruin. Bedien dadelik.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos