Gebakte Appels

Oond 180 gr C. Kook stroop: 2 k water, 200 ml suiker, 2 kaneelstokkies en knippie sout. Kook saggies vir 15 minute. Meng 3 t vlapoeier met bietjie koue water en roer by stroop tot verdik. Gooi sous versigtig in oondbak. Sit 6 appels, ontkern, in stroop. vul holtes met sultanas of cranberries en sprinkel kaneelsuiker oor. Sprinkel ook kaneelsuiker en sultanas oor die sous. Bak vir 1 uur en bedien met vla of roomys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos