Gebakte Hoender in sous

Oond 180 gr C.  Pak 8 hoenderstukke in gevoerde oondpan en geur met hoenderspeserye. Meng vlg vir sous: 1 pakkie bruin uiesoppoeier, Halwe k mayonaise, kwart k chutney, kwart k soet rissiesous, kwart k tamatiesous, 2 E worcestersous en 1 k warm water. Gooi oor hoender. Sit tinfoelie oor en bak 1 uur tot gaar. Haal tinfoelie af en plaas onder oond rooster en bak bruin.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos