Gebakte Karringmelkpoeding

Oond 180 gr C.    Skei vier groot eiers, Hou eierwitte eenkant in skoon glasbak.  Klits 4 eiergele, 250 ml suiker en 1 t vanillageursel goed saam. Klits 1 E gesmelte margarine by. Sif  250 ml bruismeel en 3 ml sout saam en klits om beurt met 1 liter karringmelk by eiermengsel.  Maak klitser skoon en klits eierwitte styf. Vou versigtig by mengsel. Gooi versigtig uit in diep, gesmeerde oonbak, of 2 kleiner bakke.  Bak vir 40 minute of tot gestol en goudbruin bo-op. Bedien lou-warm met vanilla roomys. Hierdie kan ook as korslose melktert deurgaan, gebruik dan net 500 ml karringmelk en 500 ml volroom melk i.p.v. net karringmelk.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos